Jou koppie sawwe lyf sal (nog) duurder word

Koffieprodusente in Brasilië se Sao Paulo-staat beoordeel die skade wat veroorsaak is deur ‘n veldbrand wat hul oeste die afgelope dae verwoes het. Die ramp kom te midde van die ergste droogte in 70 jaar wat die land, die wêreld se grootste koffieprodusent, teister. Meer as 50 plase het gebrand met sommige produsente wat tot 10 000 koffiebome verloor het. Terselfdertyd ervaar Viëtnam, die wêreld se tweede grootste koffieprodusent, hitte en droogte, wat sy oeste beïnvloed. Ontleders sê koffiepryse sal styg.