Eerste groep landsburgers kom vanuit Botswana aan

Die eerste groep van 98 Namibiërs wat al dekades lank in Botswana woon is amptelik terug in die land. Die repatriasie is deur die ministeries van landbou en binnelandse sake hanteer. Die groep ontvang vyf hervestigingsplase in Omaheke, Hardap en Otjozondjupa en boorgate, watertenks en ander fasiliteite is reeds opgerig. Die groep is die nageslagte van Namibiërs wat na Botswana gevlug het aan die begin van die 1904 volksmoord. ’n Tweede repatriasie, die keer vir mense met vee, word nog beplan.