Kok draf vanaand vir Ulster uit

Die Verenigde Rugbykampioenskap skop hierdie naweek af met ses wedstryde. In een van die wedstryde vanaand sal Ulster gasheer wees vir die Glasgow Warriors. Ulster het nou ‘n nuwe Suid-Afrikaner in hul midde in die persoon van Werner Kok. Die Sharks-vleuel en voormalige Wêreldrugby-sewesspeler van die Jaar het ‘n tweejaarkontrak met die Ierse span gesluit. Die 31-jarige sê hy hoop om ‘n verskil by sy nuwe klub te maak.