Kylie gaan op reuse-toer in 2025

Die popster Kylie Minogue gaan volgende jaar haar grootste wêreldtoer in meer as tien jaar onderneem. Die toer begin in Februarie in haar geboorteland, Australië, voor sy na Asië vertrek en in Mei na die Verenigde Koninkryk. Die 56-jarige sal sommige van haar klassieke wêreldtreffers en liedjies van haar nuwe album Tension II sing, wat op die 18de van volgende maand vrygestel gaan word. Daar is nege splinternuwe liedjies op die album asook haar jongste danstreffer, Edge of Saturday Night.