M-pokke steeds reuse-bedreiging in Afrika 

Die M-pokke-uitbreking in Afrika is steeds nie onder beheer nie. Die Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming waarsku dat gevalle steeds in verskeie lande toeneem. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die onlangse uitbreking van die siekte tot ‘n openbare gesondheidsnood van internasionale kommer verklaar nadat die nuwe variant geïdentifiseer is. Die aantal gevalle in Afrika het met 177 persent gestyg, en sterftes het met 38,5 persent toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk ‘n jaar gelede.