BIG klap terug na Itula se berekenings

Die BIG-koalisie het skerp gereageer op Panduleni Itula, se aanmerkings dat ‘n basiese inkomstetoelaag onbekostigbaar is. Hy het die koste op 42,4 miljard Namibiese dollar per jaar gestel. Die koalisie sê dis verkeerd en baie koste-aspekte van die toelaag is nie in ag geneem nie. Betaling wat deur die regering aan hoë-inkomste verdieners gemaak word sal in belasting terugbetaal word. Die toelaag het ‘n herverdelingselement wat diegene in laer inkomstegroepe bevoordeel. Itula het ook die bedrag van die toelaag, wat 500 dollar sal wees, verdubbel. Die koalisie se berekenings toon 12,6 miljard dollar nodig sal wees en aangesien hierdie geld in die plaaslike ekonomie bestee word, sal dit ‘n netto koste van 10,7 miljard dollar, 3,5 persent van die BBP verteenwoordig.