PDM se Rashid Sardarov-saak weer uitgestel

Uitspraak in die saak waar die PDM die oud-grondhervormingsminister Utoni Nujoma en die ministerie dagvaar oor ‘n grondooreenkoms, is uitgestel tot 15 Oktober. Die saak handel oor ‘n ooreenkoms tussen die regering en die Russiese miljardêr Rashid Sardarov om vier plase vir 99 jaar te huur. Sardarov het die grond in 2018 gekoop, aan die ministerie geskenk en toe ‘n 99-jaar pag ontvang. Die PDM het ‘n aansoek gebring om die transaksie ter syde te stel. Regter Orben Sibeya was op die bank.