Japan skenk N$8,7 miljoen vir droogtehulp

Die regering van Japan het 500 000 Amerikaanse dollar, of sowat 8,7 miljoen Namibiese dollar, aan Namibië geskenk vir die droogtehulp-program. Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het tydens ontvangs van die skenking gesê die regering het ‘n finansieringsgaping van meer as 727 miljoen dollar vir die program, wat na beraming sowat 1,3 miljard dollar sal beloop. Die regering het tot dusver 596,5 miljoen dollar beskikbaar gestel. Die eerste minister het benadruk dat droogtehulp aan die mees behoeftige inwoners van die land beskikbaar gemaak word, nie aan almal nie.