Katutura-inwonerskomitee soek weer antwoorde by Uutoni

Die voorsitter van die Katutura-inwonerskomitee, Benetus Kandudu, is by die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie om antwoorde te eis op briewe wat hulle sedert verlede Junie aan lynminister Erastus Uutoni gestuur het. Kandudu is vergesel deur gemeenskapsaktiviste. Kandudu sê die briewe handel oor kwessies soos voorafbetaalde elektrisiteit- en watermeterstelsels, die ophef van Red Force as belastinginvorderaars, en skuldbestuursbeleid. Kandudu sê hy het ‘n boodskap vir die hele land.