Spieth op herstelpad na operasie

Gholf: Die driemalige major-wenner Jordan Spieth sê hy verwag om vroeg volgende jaar na die PGA-toer terug te keer nadat hy ‘n operasie aan sy gewrig moes ondergaan. Die 31-jarige ondervind sedert Mei verlede jaar probleme met sy gewrig toe hy hy ‘n besering opgedoen het terwyl hy met sy seun gespeel het. Hy wou aanvanklik nie laat opereer nie, maar liewer rus sodat dit self herstel. Die Amerikaner is uiteindelik verlede maand geopereer. Spieth sê hy herstel goed.