Malema oor Shivambu se vertrek uit EFF

Die EFF-leier Julius Malema sê die gewese adjunkpresident, Floyd Shivambu, se vertrek was pynlik, maar die party se leierskap bly verenig. Shivambu, wat ʼn belangrike rol gespeel het om die EFF se stigtingsdokumente, grondwet en sewe belangrike pilare op te stel, het die party verlede maand verlaat om by die MK-party aan te sluit. Malema het in ʼn onderhoud met die SABC gesê hy het nie meer ʼn persoonlike verhouding met Shivambu nie: