Otavi: Dis nie vulkaniese stoom nie, dit was ‘n houtskool brand

Owerhede in Otavi het die plaaslike gemeenskap gevra om nie paniekerig te raak oor gerugte van vulkaniese aktiwiteite naby die dorp se sokkervelde nie. Dit kom na ‘n video gedeel is met die byskrif dat seismiese hitte onder die grond ontsnap. Die plaaslike uitsaaier het met die Otavi kiesafdelingsraadslid George !Garab gepraat en hy sê dit is veroorsaak deur brandende houtskool wat ná die sluiting van ’n klein houtskoolprojek in ’n mensgemaakte gat weggegooi is. Daar word vermoed dat ‘n persoon ‘n brand op die weggooikole begin het, wat vinnig versprei het. Geen persoon of vee is beseer nie, en die Otavi Munisipale en Nampol gaan voort om die gebied te monitor.