Tupperware gaan bankrotskap verklaar

Die Amerikaanse handelsmerk Tupperware het om bankrotskap aansoek gedoen. Die maatskappy, wat plastiekhouers vervaardig sê hy sal die hof se toestemming vra om die besigheid te verkoop. Die 78-jarige firma is sinoniem geword met plastiekhouers om kos te bewaar… almal gebruik die woord tupper… vir enige bak. Die maatskappy se aandele het vandeesweek met meer 50 persent gedaal. Na ‘n kort oplewing in verkope tydens die pandemie, namate meer mense tuis gekook het, het vraag aanhou daal. Die stygende koste van grondstowwe, hoër lone en vervoerkoste het ook sy winsmarges laat krimp. Tupperware is in 1946 gestig deur Earl Tupper, wat die houers se buigsame lugdigte seël gepatenteer het.