Bokke is gereed vir Argentinië

Die Springbokke is oorgehaal om Saterdag die Rugbykampioenskaps-titel in Argentinië te verower, maar hulle is deeglik bewus daarvan dat die tuisspan ook ‘n faktor is. Die wêreldkampioene is bo-aan die punteleer en agt punte voor Argentinië in die tweede plek. ’n Oorwinning in Santiago sal aan die Springbokke hulle eerste titel sedert 2019 besorg. Die Pumas het reeds vanjaar met Nieu-Seeland en Australië afgereken. Die losvoorspeler Kwagga Smith sê die Springbokke is ten volle gefokus op die stryd wat voorlê.