Ghislaine se appèl misluk

ʼn Amerikaanse hof het die gewese Britse sosiale vlinder, Ghislaine Maxwell, se appèl teen haar skuldigbevinding aan sekshandel verwerp. Die 62-jarige Maxwell is in Desember 2021 daaraan skuldig bevind dat sy die omstrede finansier, Jeffery Epstein, gehelp het om tienermeisies seksueel te misbruik. Sy is in Junie 2022 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Drie regters het haar vonnis as redelik beskryf en haar bewerings dat sy nie ʼn regverdige verhoor gehad het nie, verwerp. Haar regspan sê hulle gaan die uitspraak in die hooggeregshof betwis.