AA verwag nog ‘n brandstofprys-verlaging in SA

Die Automobiel-Assosiasie verwag volgende maand ʼn aansienlike verlaging in die brandstofprys, gebaseer op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds. Petrol, diesel en lampolie sal daal met die prys van petrol wat met een-rand-26-sent per liter kan daal. Woordvoerder Eleanor Mavimbela skryf dit toe aan laer internasionale produkpryse en die sterk vertoning van die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar.