Klimaatsverandering – Namibië moet dinge reg begin doen, sê Muniaro
Sosiale beskerming is van kardinale belang om die impak van klimaatsverandering aan te spreek, maar die lande wat die meeste deur die klimaatkrisis geraak word, is die minste voorbereid. ’n Nuwe verslag van die Internasionale Arbeidsorganisasie beklemtoon dat regerings universele maatskaplike beskerming onderbenut om te help om by klimaatsverandering aan te pas en te versag, met slegs 52,4 persent van die wêreldbevolking wat gedek word. In die 20 mees klimaatkwesbare lande het 91,3 persent van die mense nie sosiale beskerming nie, veral kinders en vroue. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers, oor die situasie in Namibië. Hy sê daar moet begin word om dinge reg te doen.