Kyk uit vir Swapo se streke: Panduleni Itula

Die Independent Patriots for Change se president, Dr. Panduleni Itula, het die party se nasionale verkiesingskonferensie in die hoofstad toegespreek. Dit is die party se eerste verkiesingskonferensie en duur tot môre. Itula sê hy gaan nie sy naam in die hoed gooi vir die Nasionale Vergadering-verkiesing nie. Hy het die publiek ernstig gewaarsku oor Swapo se moontlike streke.

Volgens Itula is die IPC die enigste oplossing vir die land se probleme.