Bon Jovi wys weer sy goeie hart
Die rocklegende Jon Bon Jovi is deur die polisie geloof omdat hy ‘n vrou in nood gehelp het wat Dinsdagaand op die rand van ‘n brug in Nashville, Tennessee, was. Sy wou selfmoord pleeg. Die Nashville-polisiedepartement het ‘n video gedeel van die Bon Jovi-voorsanger en sy span wat by die John Seigenthaler-voetgangersbrug was toe die vrou onseker oor die Cumberlandrivier gestaan het. Die 62-jarige sanger het met die vrou gepraat en haar gehelp om terug te kom na die brug. Bon Jovi was blykbaar in Nashville besig om ‘n musiekvideo op die brug te skiet. In die video wat deur die polisie vrygestel is, kan gesien word hoe ’n vrou in blou aan die reling vashou terwyl sy op die rand staan. Bon Jovi het haar genader, met haar gepraat en met die hulp van een van sy spanlede die vrou teruggebring op die brug. Hy het haar omhels.