Capricorn belê miljoene in maatskaplike bystand
Die Capricorn Groep het sy 2024 Sosiale Waarde-verslag vrygestel, wat sy verbintenis tot die ondersteuning van gemeenskappe in Namibië en Botswana beklemtoon. Die Groep, saam met die Capricorn-stigting en filiale soos Bank Windhoek en Bank Gaborone, het 25,8 miljoen Namibiese dollar in maatskaplike verantwoordelikheidsinisiatiewe belê in die jaar wat op 30 Junie geëindig het. Die Capricorn-stigting het 11,1 miljoen dollar toegeken aan vyf sleutelareas. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die stigting se uitvoerende beampte, Marlize Horn, wat meer inligting gee.