Zille kap Hlophe se aanstelling op Regterlike Dienskommissie

Die voorsitter van die Federale Raad van die DA, Helen Zille, sê oudregter John Hlophe se aanstelling op die Regterlike Dienskommissie is ʼn botsing van belange. Volgens Zille is dit irrasioneel om ʼn regter wat weens growwe wangedrag ‘n ampsklag teen hom het, op ʼn liggaam te laat dien wat verantwoordelik is vir regterlike aanstellings. Sy beklemtoon die behoefte daaraan om die onafhankliheid en integriteit van die Suid-Afrikaanse regbank te beskerm.