Gety draai teen korrupsie – Cosatu
Cosatu sê hy is ingenome dat dit lyk asof die gety besig is om te draai teen korrupsie onder die leierskap van president Cyril Ramaphosa. Dit volg nadat die Passassier-spoorvereniging van Suid-Afrika se voormalige hoof-ingenieur, Danile Mthimkhulu, tot 15-jaar tronkstraf gevonnis is vir die vervalsing van sy kwalifikasies en ander dokumente. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê Mthimkhulu se betrokkenheid het Prasa se projekte aan aansienlike risiko’s blootgestel, asook aan regsaanspreeklikheid.