Grenfell-ramp: Regering het misluk
Die Grenfell Tower-brand wat in 2017 die lewens van 72 mense in Londen geëis het, was die gevolg van dekades se mislukte optrede deur die Britse regering, bedrieglike maatskappye en ‘n gebrek aan strategie deur die brandweerdiens. Dit is een van die bevindings vervat in die finale verslag van die Grenfell Tower-ondersoek. Dit was Brittanje se dodelikste geboubrand sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die voorsitter van die ondersoek, Martin Moore-Bick, sê opeenvolgende regerings het kommer oor die veiligheidspraktyk in die boubedryf geïgnoreer, vertraag of verontagsaam: