Langste atleet by Spele kry uiteindelik ‘n bed

Die tweede langste man in die wêreld het uiteindelik ʼn geskikte bed in Parys gekry. Morteza Mehrzad staan 2,46-meter in sy sokkies en is ʼn lid van Iran se sittende vlugbalspan. Die organiseerders het twee verlengings vir sy bed voorsien maar dit was steeds te kort en hy moes op die vloer slaap. Hulle het nou nog verlengings verskaf. Mehrzad ly aan akromegalie wat oormatige groeihormone veroorsaak en na ʼn fietsongeluk is sy regterbeen korter as die linker.