NEFF hoor vandag oor deregistrasie-geveg

Uitspraak word vanoggend verwag in die Namibia Economic Freedom Fighters se dringende aansoek in die hoërhof teen sy deregistrasie. Regter Thomas Masuku sal na verwagting om half-nege sy beslissing gee. Die party poog om die deregistrasie deur die Namibiese Verkiesingskommissie op 17 Junie om te keer en so deel te neem aan die November-verkiesing. Die kommissie sê sy besluit is ingevolge die wet omdat hy versuim het om finansiële state in te dien.