Kiesersrol – jy het tot môre om beswaar aan te teken

Die Verkiesingskommissie van Namibië het die voorlopige kiesersregister vrygestel nadat die registrasiedata suksesvol na sy sentrale stelsel opgelaai is. Die voorlopige statistieke toon ‘n totaal van 1 451 444 geregistreerde kiesers, wat 90 persent van die verwagte kiesersregistrasie verteenwoordig. Die voorlopige register, wat na verifikasie voltooi is, is beskikbaar vir besware tot 4 September. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Verkiesingskommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, wat die publiek herinner daar is nog een dag oor om hul registrasie te hersien en moontlike besware te opper.