NSA kondig loodsopname vir huishoudelike inkomste en uitgawes aan

‘n Loodsopname vir die huishoudelike inkomste en uitgawe opname sal in agt streke van 30 September tot 18 Oktober plaasvind. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die doel daarvan is om die opname se metodologie en prosesse te toets en te verfyn voordat die volskaalse opname begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Iipumbu Sakaria, die woordvoerder van die NSA oor die loodsopname gesels.