Nog ‘n geval van jag met honde by Dordabis

Dit wil voorkom asof die gebruik van honde tydens jagtogte steeds voortduur. Die lynministerie het onlangs ‘n handvol hoë-profiel arrestasies in die verband gemaak, veral met luiperd trofeejag. Nou sê die Namibiese polisie hy het inligting ontvang van ‘n groep mense wat met honde naby Dordabis op plaas Hamis gejag het. Hulle spore is gevolg maar hulle het gevlug toe hulle die polisie sien. Gemsbokvleis ter waarde van 6 000 Namibiese dollar is agter gelaat.