Brad en George word staande toegejuig
Die Hollywood-sterre Brad Pitt en George Clooney is vier minute lank staande toegejuig by die Venesiese filmfees waar hulle jongste fliek, Wolfs, vertoon is. In die fliek van skrywer en regisseur, Jon Watts, vertolk Pitt en Clooney die rolle van twee beredderaars wat verkies om alleen te werk, maar moet saamwerk nadat hulle vir dieselfde werk aangestel is. In Wolfs vertolk Pitt en Clooney die eerste keer sedert die Coen Brothers se swart komedie, Burn After Reading van 2008, saam die hoofrolle. Pitt se eks, Angelina Jolie, se jongste fliek, Maria, het ook sy debuut by die fees gemaak. Brad en George kry staande toejuiging