Springbokke, Australië spog met oorwinnings

Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, het die kalmte van sy spanmaats geloof vir ‘n merkwaardige Rugbykampioenskap-oorwinning oor Nieu-Seeland op Ellispark. Die Bokke was 10 punte agter met 10 minute oor voordat drieë van plaasvervangers Kwagga Smith en Grant Williams hulle met 31-27 laat wen het. In ‘n sopnat La Plata het die Wallabies die Pumas met 20-19 getroef. Die Australiërs moes ook inhaal en het met ‘n strafskop deur Ben Donaldson in die doodsnikke van die wedstryd gewen. Die Springbokke is die enigste onoorwonne span in die kompetisie en het 14 punte, met die All Blacks op 6 punte, die Pumas op 5 en die Wallabies op 4.