Boef raakgery na vrou beroof, gesteek is

‘n Boef is volgens die polisie deur ‘n voertuig getref terwyl hy probeer vlug het nadat hy ‘n 23-jarige vrou in die hoofstad beroof en met ‘n mes gesteek het. Die voorval het op Sam Nujoma-rylaan, oorkant Orban-laerskool, plaasgevind. Volgens hoofinspekteur Elifas Kuwinga is die verdagte later deur ‘n lid van die publiek aangekeer nadat hy in ‘n rivierbedding ontsnap het. Hy het ligte beserings opgedoen en word in die Katutura-hospitaal behandel. Die mes en die selfoon wat hy gesteel het, is teruggevind.