Operasie in Port au Prince geloods, 3 200 moorde sedert Januarie aangemeld
Haïtiaanse magte het saam met polisie vanaf Kenia ‘n gesamentlike operasie geloods om kriminele bendes uit een van die rofste woonbuurte van Haïti se hoofstad Port au Prince te verdryf. Premier Garry Conille sê orde moet gehandhaaf word en die veiligheid situasie moet verbeter. Hy het eie verdere besonderhede van die operasie verskaf nie. Meer as 3 200 moorde is van Januarie tot Mei in Haïti aangemeld. Bendes wat 80 persent van die hoofstad beheer, het die afgelope paar jaar meer as ‘n halfmiljoen mense dakloos gelaat terwyl hulle veg om meer grondgebied te beheer.