Te min geld vir vrystelling van statistieke
Onderbefondsing belemmer die Namibiese Statistieke-agentskap se bedrywighede. Plaaslike media berig dat swak befondsing hulle laat sukkel om nasionale statistieke betyds vry te stel. Statistikus-generaal Alex Shimuafeni het aan The Namibian gesê hy benodig ‘n begroting van 250 miljoen Namibiese dollar in die huidige boekjaar. Die agentskap het vanjaar 232 miljoen dollar ontvang. Die vertraging het tot dusver die huishouding-inkomste- en -uitgawe-opname wat laas in 2015/16 gedoen is vertraag. Die opname moet elke vyf jaar gedoen word.