Wiese ingespan vir All Black kragmeting
Rugby: Jasper Wiese maak sy eerste verskyning van die seisoen nadat die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, die snoeiskêr ingelê het vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks op Ellispark in Johannesburg. Daar is nege veranderings aan die span wat die Wallabies in Perth verslaan het, maar slegs drie aan die wedstrydgroep wat die reeks teen die Aussies begin het. Wiese is terug na ‘n skorsing terwyl Pieter-Steph du Toit en Ruan Nortjé die slotpaar vorm omdat ses ander slotte beseer is.