Geen M-pokke in Namibië tot dusver
Die gesondheidministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, sê hoewel 18 pasiënte vermoedelike M-pokke-simptome by verskeie gesondheidsfasiliteite aangemeld het, is geen gevalle in die land bevestig nie. Nangombe sê van die 18 vermeende gevalle het 15 negatief getoets, en drie wag vir uitslae. Die ministerie het individue by alle private en openbare gesondheidsfasiliteite breedvoerig gemonitor vir moontlike gevalle sedert M-pokke as ‘n openbare gesondheidsnood van internasionale kommer verklaar is. Nangombe verseker Namibiërs dat die ministerie gereed is vir enige moontlike uitbreking van M-pokke.