Twee Menzies-aansoeke, appèlaansoek in hoërhof

Twee van Menzies Aviation se dringende aansoeke in die hoërhof teen die aanstelling van Paragon as vrag- en gronddiensteverskaffer kom vandag voor vir kostebepaling. In die twee sake eis die Namibiese Lughawensmaatskappy se regslui net meer as 2,2 miljoen Namibiese dollar in regkostes. Die derde saak is ook op die kostebepaling-rol maar, daar blyk om ‘n appèlaansoek te wees teen ‘n beslissing deur regter Eileen Rakow. Menzies staan die aansoek vir verlof tot appèl teen.