Foo Fighters boos vir Trump

Foo Fighters het reageer nadat Donald Trump een van hulle treffers sonder toestemming gebruik het tydens sy presidensiële veldtog, toe Robert F Kennedy-junior aangekondig het hy steun Trump in sekere state. Foo Fighters sê hulle is nie toestemming gevra nie, en as dit sou gebeur het, sou hulle dit nie gegee het nie. Hulle word deel van ‘n lang lys kunstenaars wat uitgevaar het teen Trump se gebruik van hulle musiek sonder toestemming, onder wie Celine Dion, die Rolling Stones, Neil Young, Linkin Park, Black Sabbath, Aerosmith, Prince en Rihanna.