Djokovic soek protokolle na Sinner-sage
Novak Djokovic het hom aangesluit by ‘n debat oor opkikkersake na Jannik Sinner vrygespreek is nadat hy positief vir ‘n verbode middel getoets is. Met die Amerikaanse Ope wat vandag begin, het die Serwiese kampioen ‘n beroep gedoen vir duidelike protokolle en ‘n gestandardiseerde benadering. Die Italiaanse wêreld nommer-een het in Maart twee keer positief getoets vir clostebol, ‘n steroïde wat gebruik kan word om spiermassa te bou. Sinner is vrygespreek na sy nou afgedankte fisoterapeut, Giacomo Naldi, erken het hy het per ongeluk die oor-die-toonbank-middel op sy hande gebruik voor ‘n behandeling.