Drie dood in mesaanval in Solingen, Duitsland

Drie mense is dood en vier ander ernstig beseer in ‘n mesaanval by ‘n fees in die Wes-Duitse stad Solingen. Owerhede sê n enkele, ongeïdentifiseerde man het die aanval uitgevoer en is steeds op vrye voet. Die polisie sê die aanval het plaasgevind by ‘n fees ter ere van die dorp se 650ste bestaansjaar. Die motief daarvoor is onbekend en dit is nie duidelik of die man nog aanvalle sal uitvoer nie. Die tipe aanval in Duitsland is relatief ongewoon.