R80m se dwelms in Johannesburg gevind

Twee buitelandse burgers is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op dwelms ter waarde van 80-miljoen-rand tydens ‘n klopjag by ‘n geheime dwelmlaboratorium in Douglasdale, Johannesburg. Daar is na bewering Mandrax-tablette vervaardig. Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni sê dwelmvervaardigingstoerusting en verskeie hoëkaliber-vuurwapens is gevind. Hy sê hulle vorder met optrede teen ‘n transnasionale misdaadsindikaat: