Drukgroepe sat vir Glencore se uitvoere na Israel

Die drukgroep South African Boycott, Divestment, and Sanctions Coalition vra Glencore om steenkooluitvoere na Israel te beëindig, en beskuldig die mynmaatskappy dat hy Israel se militêre optrede steun. Die groep meen die maatskappy dra by tot volksmoord en die onwettige besetting van Palestina. Roshan Dadoo van die koalisie doen ‘n beroep op die regering om ‘n totale steenkool-verbod af te dwing in ooreenstemming met internasionale wetgewing, en aandadigheid te keer aan die skending van menseregte: