Fishrot: Fitty was die skakel tussen Samherji en sy skoonpa Esau

Tamson “Fitty” Hatuikulipi, een van die beskuldigdes in die Fishrot-korrupsiesaak, se derde borgtogaansoek gaan in die hoërhof voor regter David Munsu voort. Hatuikulipi is al amper vyf jaar in die tronk en het op grond van nuwe feite om borgtog aansoek gedoen. Dit sluit in e-posse wat aandui dat die Yslandse maatskappy Samherji ander individue voor Hatuikulipi gekontak het om toegang te kry tot die voormalige visserye minister, Bernard Esau. Andreas Kanyangela, hoofondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie, het egter getuig dat Hatuikulipi nie borgtog moet kry nie, omdat hy die suksesvolle skakel was tussen Samherji en Esau, sy skoonpa.