Van SA se sensus-uitslae te foutief om te gebruik

Statistieke Suid-Afrika het erken kritieke data in Sensus 2022, waaronder inkomste, indiensneming en stertesyfers, is té foutief vir amptelike gebruik. Die uitslag is voorheen verdedig, ondanks ‘n ondertelling van 30-persent. Maar die opgedateerde Sensus 2022-opsomming sluit nou dié onderwerpe uit. Die statistikus-generaal Risenga Maluleke sê dit is ‘n normale proses in alle sensusse.