Scott Barrett terug vir All Blacks teen Bokke
Rugby: Die gereelde kaptein van die All Blacks, Scott Barrett, keer na ‘n besering terug vir die twee Rugbykampioenskapstoetse teen die Springbokke. Die stut Ethan de Groot, wat in 2022 teen die Springbokke in Johannesburg beïndruk het, is ook terug na ‘n besering. Die twee toetse, in Johannesburg op die 31ste en in Kaapstad ‘n week later, behoort die kampioenskap te beslis met die Bokke tans boaan die punteleer en die Kiwi’s tweede. Die Bok-afrigter Rassie Erasmus verwag ʼn moeilike uitdaging.