Gee Dippenaar opgeskorte vonnis: sielkundige
Die voor-vonnisverrigtinge vir Jandre Dippenaar in Swakopmund se streekhof is uitgestel tot môre. ‘n Goeie vriend van Dippenaar, Frans Grobler, en ‘n sielkundige, Willem Annendale het ter versagting van vonnis getuig. Annendale het in sy assesseringsverslag voorgestel dat Dippenaar ‘n opgeskorte vonnis opgelê word. Die staat en verdediging sal môre mondelinge voorleggings afhandel en vonnis sal na verwagting Vrydag opgelê word. Dippenaar is op 20 Junie deur landdros Gaynor Polton skuldig bevind op ses aanklagte van moord na ‘n grusame motorongeluk tien jaar gelede.