Die duurste speelding ter wêreld…

‘n Beeldhouwerk deur die Amerikaanse popkunstenaar Jeff Koons is vir net meer as N$1,6 miljard verkoop, wat die rekordprys vir ‘n werk deur ‘n lewende kunstenaar breek.

Christie’s in New York het Rabbit, ‘n 104 cm staalgietsel van ‘n opblaas-haas wat in 1986 geskep is, vir meer as N$354 miljoen bo sy geraamde prys verkoop.

Dit klop die vorige rekord wat die Britse kunstenaar David Hockney opgestel het.

Die kunshandelaar Robert Mnuchin het glo die wenbod gemaak. Volgens berigte het mnr. Mnuchin, pa van die Amerikaanse minister van finansies, Steven Mnuchin, die beeldhouwerk namens ‘n kliënt gekoop.

Dit is een van Jeff Koons se bekendste stukke. Die Amerikaanse kunstenaar se beeldhouwerke ontlok al dekades lank omstredenheid nadat hy in die 1980’s as ‘n leidende figuur in New York se kunstoneel na vore getree het. Hierdie beeldhouwerk is volgens berigte die duurste speelding ter wêreld.

Foto: