Rusland weier om met Oekraïne te onderhandel
Rusland sal nie met Oekraïne onderhandel nie gegewe sy inval in die Russiese Koersk-streek. Die inval het Rusland onkant betrap en is nou reeds in sy tweede week. Oekraïne het op 6 Augustus troepe oor die grens gestuur en beset steeds ‘n deel van die Koersk-gebied, ‘n aanval wat Moskou geskud het. ‘n Woordvoerder van die Kremlin, Yuri Ushakov, het aan plaaslike media gesê dit sal op die oomblik totaal onvanpas wees om te begin onderhandel.