‘As jy EFF wil verlaat, sê so’

Die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, versoek lede wat dit oorweeg om die party te verlaat, om dit openbaar te maak indien hulle deur ‘n ander party gewerf word. Dit volg na die bedanking van die voormalige adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu, wat by die MK-party aangesluit het. Volgens Gardee is stilswye aandadigheid, en benadruk dit is ‘n kritieke oomblik vir die EFF. Hy waarsku die party word getoets of dit verder as sy mylpaal van tien-jaar gaan vorder.