NEFF se deregistrasie-aansoek vandag in die hof

Die Namibia Economic Freedom Fighters se dringende aansoek in die hoërhof teen sy deregistrasie sal vanoggend om nege-uur deur regter Thomas Masuku aangehoor word. Die party poog om die deregistrasie deur die Namibiese Verkiesingskkommissie op 17 Junie om te keer en so deel te neem aan die November-verkiesing. Die kommissie sê sy besluit is ingevolge die wet omdat hy versuim het om finansiële state in te dien. Hoofbetoë deur al die partye in die saak is reeds ingedien. Die aansoek kom na die Kieshof beslis het hy het nie jurisdiksie om die saak aan te hoor nie.