Weeluise word uitgesnuffel in Suid-Korea
Suid-Korea het ‘n weeluis-opsporingshond by sy hoof internasionale lughawe ingebring om te verhoed dat die insekte die land binnekom ná die Olimpiese Spele in Parys. ’n Tweejarige Beagle-hond genaamd Ceco is die enigste hond in Suid-Korea wat opgelei is om weeluise uit te snuffel deur hul feromone op te spoor.
Die stap kom ná verlede jaar se paniek in Parys oor weeluise, wat in openbare plekke en hotelkamers gevind is. Dit is bekend dat die insekte in tasse wegkruip.
Om ‘n soortgelyke probleem te vermy, neem Suid-Korea voorsorgmaatreëls deur saam met plaagbeheer-, vervoer-, sekuriteits- en gesondheidsagentskappe te werk om vlugte vanaf Parys meer gereeld te monitor en te ontsmet.
Die Suid-Koreaanse regering het gesê dat hulle ‘n “voorkomende reaksie neem om die toegang van die goggas deur die Incheon internasionale lughawe, wat die hoofpoort na die land is, te onderskep”.
“Terwyl die wêreldgemeenskap in Parys, Frankryk, byeenkom ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele van 2024, is daar ‘n kans dat weeluise die land sal binnekom ná die geleentheid,” het die regering gesê.
Ceco sal na bewering tot 8 September ontplooi word om weeluise uit te snuffel namate atlete, ondersteuners en beamptes van die Olimpiese Spele terugkeer.